Formulier
vir die Aflegging van Belydenis van Geloof
1.
Erken u dat die leer van die Ou en Nuwe Testament, wat in die
Artikels van die Christelike geloof uitgedruk word en in die Christelike
kerk alhier geleer word, die ware en volkome leer van die saligheid is?
2.
Is dit u voorneme om deur die genade van God in hierdie leer
standvastig te volhard; om alle leringe wat daarmee in stryd is te
verwerp en om ‘n nuwe en godvresende lewe te lei?
3.
Sal u uself aan die kerklike regering en, indien u u misgaan (wat
God genadiglik mag verhoed), aan die kerklike tug onderwerp?
Antwoord:
Ja.
Vir meer bronne in Afrikaans,
klik hier.