1. Vir elkeen wat salig wil word, is dit in die eerste
plek nodig dat hy die algemene geloof moet vashou.
2. As iemand dit nie heeltemal en ongeskonde bewaar nie, sal hy sonder
twyfel vir ewig verlore gaan.
3. Die algemene geloof is: Ons moet die een God in die Drieheid en die
Drieheid in die Eenheid eer;
4. sonder om die persone te vermeng of die wese te deel.
5. want die Persoon van die Vader is 'n ander, dié van die Seun is 'n
ander, dié van die Heilige Gees is 'n ander.
6. Tig het die die Vader die Seun en Heilige Gees een Godheid, gelyke eer
en gelyke ewige heerlikheid.
7. Soos die Vader is, so is ook die Seun en ook die Heilige Gees
8. Die Vader is ongeskape, Seun is ongeskape, en die Heilige Gees is
ongeskape;
9. onmeetlik is Vader, onmeetlik is Seun, onmeetlik is die Heilige Gees
10. Die Vader is ewig, Seun is ewig, en die Heilige Gees is ewig.
11. Nogtans is daar nie drie ewiges nie maar een Ewige,
12. net so is daar nie drie ongeskapenes of dir onmeetlikes nie maar een
Ongeskapene en een Onmeetlike.
13. Eweneers is die Vader almagtig, die Seun almagtig, en die Heilige Gees
almagtig;
14. en tog is daar nie drie almagtiges nie maar een Almagtige.
15. So ook is die Vader God, die Seun God en die Heilige Gees God;
16. en tog is daar nie drie gode nie maar een God.
17. So ook is die Vader Here, die Seun Here een die Heilige Gees Here;
18. en tog is daar nie drie Heres nie maar een Here.
19. Want sos ons deur die Christelike waarheid gedwing word om elke
Persoon afsonderlik God en Here te noem,
20. word ons ook deur die algemene geloof verbied om drie gode og heres te
bely.
21. Die Vader is deur niemand gemaak of geskep of gegenereer nie;
22. die Seun is deur die Vader alleen nie gemaak of geskep nie, maar
gegenereer;
23. die Heilige Gees is deur die Vader en die Seun nie gemaak of geskep of
gegenereer nie maar gaan van Hulle uit.
24. So is daar een Vader, nie drie vaders nie, een Seun, nie drie seuns
nie, een Heilige Gees, nie drie heilige geeste nie.
25. En in hierdie Drieheid is daar nie 'n eerste of 'n laaste nie, nie
meeste of minste nie,
26. maat al drie Persone het gelyke ewigheid en is heeltemaal aan mekaar
gelyk,
27. sodat in alle opsigte, soos hierbo gesê is, die Eenheid in die
Drieheid en die Drieheid in die Eenheid geëer moet word.
28. Wie dus salig wil word, moet so oor die Drie-eenheid dink.
29. Maar vir die ewige saligheid is dit nodig dat hy getrou aan die
menswording van ons Here Jesus Christus moet glo.
30. So is die opregte geloof dan: Ons glo en bely dan dat ons Here Jesus
Christus, die Seun van God, tegelyketyd God én mens is.
31. Hy is God uit die Wese van die Vader, voor alle tye gegenereer, en
mens uit die wese van sy moeder, in die tyd gebore;
32. volkome God, volkome mens met 'n redelike siel en menslike vlees;
33. na die Godheid aan die Vader gelyk, na die mensheid minders as die
Vader.
34. En alhoewel Hy God en mens is, is Hy nogtans nie twee nie maar een
Christus.
35. Hy is een, nie deur verandering van die Godheid in die vlees nie, maar
deur die aanneming van die mensheid in God.
36. Hy is in alle opsigte een, nie deur vermenging van die wese nie maar
deur die eenheid van die Persoon.
37. Want soos die redelike siel en die vlees een mens is, so is God en
mens een Christus,
38. wat ter wille van ons saligheid gely het, na die hel neergedaal het,
op die derde dag uit die dood opgestaan het,
39. na die hemel opgevaar het en aan die regterhand van God, die almagtige
Vader, sit.
40. Daarvandaan sal hy kom om die lewendes en die dooies te oordeel.
41. By sy koms sal alle mense, met hulle liggame, opstaan
42. en van hulle eie werke rekenskap gee.
43. En die wat goed gedoen het, sal in die ewige lewe ingaan, maar die wat
sonde gedoen het, in die ewige vuur.
44. Dit is die algemene geloof; en as iemand dit nie getrou en vas glo
nie, sal hy nie salig word nie